SPORT & KULTUUR
RUGBY * KRIEKET * ATLETIEK * SOKKER
NETBAL * TOUTREK * TENNIS * FIETSRY * SKAAK
Sport
By JGT glo ons dat Sport ‘n noemenswaardige invloed op die ontwikkeling van goeie karakters by leerders het. Sport word as deel van JGT se skooldag aangebied. Na afloop van die akademiese program begin sport in volle swang.
Die Sport periodes word gebruik om karaktereienskappe soos deursettingsvermoë, spanwerk, selfdissipline en doelgerigtheid te kweek en ontwikkel by leerders.
Ons glo ons dat wanneer leerders konstruktief besig gehou word, hul ontwikkel tot hulle volle potensiaal. JGT streef daarna om jong mense die wêreld van werk in te stuur as jong volwassenes met sterk karakter en goeie, gevestigde waardes.
Ons spog met besonderse mooi en netjiese sportfassiliteite wat die volgende insluit: Vier Netbalbane waarvan twee ook geskik is vir Tennisbane asook drie Rugbyvelde waarvan een geskik is vir ‘n Sokkerveld.
Kultuur
Deur sport en kultuur word karakter- eienskappe by leerders gevorm wat die leerders holisties ontwikkel . Sport en kultuur bind leerders saam om ook deel te wees van `n gemeenskap wat uitnemendheid nastreef.
Kultuuraktiwiteiete by JGT is gevestig en dit bied aan die leerders die geleentheid om hulle sefvertroue en karakter te vorm en uit te bou.
Leerders het `n keuse tussen dans,drama, redenaars, musiek, leesopleiding, die biblioteek en ook blootstelling aan opvoedkundige uitstappies. Die aktiwiteite vestig waardes wat leerders afrond vir die toekoms.
MUSIEK * TROMPPOPPIES * DANS * REDENAARS * BIBLIOTEEK * LEES